Ek het jou gesoek in die goudbruin Van Clarens-poupliere; Ek het jou gesoek in die humiditeit Van die Natalse lug; Ek het jou gesoek in die uithangplekke Waar studente hulle begrotings melk Vir 'n beter gemoedstoestand
In my drome het ek jou silhoëtte gesoek In die rein sneeu van Vancouver; Ek het jou hande gesoek Op die arbeitslande van Israelse Kibbotsim En ek het jou vingerafdrukke op menige Deense meisie afgestofI n Amsterdam het jy aan 'n daggapyp Gesuig, en daarna is jy Vort na een of ander meisie se kamer Wie weet waar...
En al kon ek jou fisies nêrens opspoor nie, Was jou skim altyd my metgesel: 'n Alomteenwoordige ontwyking