As die aand die geur van appels kry En die was wit op die kers uitdy; As verlange om my hart aankors Wens ek ek kon skuil In die holtes wat jou hande kuil; Wens ek ek kon rus Waar jou hangmat-glimlag sus.
Wanneer die son met Eerstelig - Met nuwe energie my voorkop kus En ek verdwaal in my eensame sug, Dan wonder ek of jy my mis.