Ek het vanmiddag by die venster uitgestaar Deur die grys tot ek jou ysblou oë Kon proe En voel hoe dit my gedagtes Skroei Ek het aan die geur van jou lyf Gedink En daarna gehunker Ek het my oë toegemaak En toegelaat dat jou beeld my Omring En jou lippe En jou hande